Central Provincial Loft

OOK OP HIERDIE BLADSY / ON THIS PAGE

  • Riglyne vir voorbereiding van Jaarouds / Preparation of Yearlings 

Central Loft Inskrywingsform 2024.pdf Central Loft Inskrywingsform 2024.pdf
Size : 229.913 Kb
Type : pdf
Central Loft Rules 2024.pdf Central Loft Rules 2024.pdf
Size : 321.681 Kb
Type : pdf
2024 NEW TEAM COMPETITION.pdf 2024 NEW TEAM COMPETITION.pdf
Size : 364.145 Kb
Type : pdf
2024 NUWE SPANKOMPETISIE.pdf 2024 NUWE SPANKOMPETISIE.pdf
Size : 358.927 Kb
Type : pdf

Voorbereiding van jongduiwe / Preparation of Yearlings


U moet onthou dat alle One Loft's 'n versameling van duiwe vanoor die hele land en somtyds ook die buiteland is.  Dit is ongelukkig ook so dat dit beteken dat siektes en virusse van heide en verre ook in so 'n hok beland.   Dit is 'n nagmerrie vir hokeienaars om u duiwe gesond te hou en ten spyte van alle moontlike voorsorgmaatreels is dit nie altyd moontlik nie.  Hierdie is voorstelle van hoe u u duifies se kanse om goed aan te pas en gesond en sterk anderkant uit te kom kan verbeter:
  1. Berei u broeiduiwe behoorlik voor voordat u begin broei.  Ent altyd vir  PMV1 sodat die immuniteit na die babas oorgedra kan word.  Behandel vir wurms, kropkanker en ander bakteriee.
  2. Maak u jongduiwe goed groot met alle nodige vitamienes en minerale.  Moet nie hier afskeep nie.
  3. Op speenouderdom ent vir Paramyxo en behandel vir kropkanker.
  4. Moet asb nie u duif nou al hok toe bring nie.  Gee hom kans om sterker te word in sy eie omgewing en maak seker dat hy goed eet en drink.
  5. Ent verkieslik na vier weke weer vir Paramyxo - gebruik een keer entstof vir die hoendervariant van New Castle Disease.
  6. Wag nog twee weke voordat u u duif na die hok toe bring.  U kan in hierdie tyd sy immuniteit bietjie aanhelp.   Nou is hy lekker sterk met goeie immuniteit.
  7. U kan ook - indien u dit verkies vir paratifus ent.
  8.  POKKE INENTING:  ONS DOEN POKKE MET OPNAME, MAAR U KAN OOK POKKE DOEN INDIEN U VERKIES.
Met opname in die hok word u duif altyd weer vir Paramyxo ge-ent, pokke inenting, ontwurm en vir kanker en koksidose behandel.  

Met die sonhok wat ons gebruik is dit nie 'n probleem om sterker duiwe te "home" nie.  Moet dus nie oorhaastig wees om u duiwe in die hok te kry nie.  Sorg dat hulle goeie immuniteit het en 'n bietjie sterker is.    Dit sal u kanse tot sukses baie verbeter! 
*  Moet egter nie u duiwe by die huis oefen nie.  Dit veroorsaak dat hulle wegvlieg sodra hulle buite die hok kom - selfs na 4 - 6 weke in die sonhok.

Hiermee uittreksels uit Dave Shewmaker, VSA se toespraak by die 2017 Mid Valley Combine Dinner in California t.o.v. immuniteit in One Lofts.